InternationalSport

Heidelberg Hengelvereniging vang 186 vis

Lede van Heidelberg Hengelvereniging het op 16 November by Aqua-via (Vaaldam) deelgeneem.

Nege lede van Heidelberg Hengelvereniging het 186 vis van 172.675kg op 16 November by Aqua-via (Vaaldam) uitgetrek. Chris Steyn was die senior wenner met 35 vis van 27.413kg met Hardus Bekker in tweedeplek met 23 vis (35.482kg) en Chris Engelbrecht derde met 29 vis (26.413kg).

In die dames afdeling was Lezanda Engelbrecht eerste met 18 vis (12.179kg). Chris Steyn het die grootste karp (6.050kg) en Hardus Bekker die grootste baber (14.842kg) op die dag uitgetrek. Chris Engelbrecht het die grootste graskarp (1.384kg), moddervis (1.543kg) en kleinbek geelvis (0.566kg) gevang.

Lezanda Engelbrecht het onder die dames afdeling die grootste karp (1.336kg), graskarp (0.358kg), moddervis (1.678kg) en kleinbek geelvis (0.508kg) uitgetrek.

Vir meer inligting oor Heidelberg Hengelvereniging kan Sarel Goosen by 082 939 6417 of Johan Goosen by 082 652 1758 geskakel word.

Related Articles

Back to top button