GalleriesMotoringSchools galleriesSport

GALLERY: Tenshinkan karatekas presteer

Twaalf studente van die Tenshinkan Karateklub het die afgelope naweek aan die Oos-Gauteng Kampioenskappe deelgeneem.

Twaalf studente van die Tenshinkan Karateklub in Nigel het die geleentheid gehad om verlede Saterdag die klub by die Oos-Gauteng Kampioenskappe in Benoni te gaan verteenwoordig.

Al 12 studente het goed gevaar in hul verskeie kategorieë.

“Al my studente wat deelgeneem het aan die kampioenskappe het baie goed gevaar,” het Leon Gagiano gesê.
“Ek is baie trots op almal van hulle en sien uit om te sien hoe hulle saam met die klub sal groei.”

Die studente wat aan die kampioenskappe deelgeneem het, het verskillende tye in hul verskeie ouderdomsgroepe en kategorieë deelgeneem.

• Juan-dré Weidemann (vier tot vyf jaar) het ’n derde plek in die kumite-kategorie gewen.
• Dwayne Venter (nege tot 10 jaar) het ’n tweede plek in die kata-kategorie verower en ’n derde plek in kumite.
• Caleb van Deventer (nege tot 10 jaar) het twee derde plekke verower in beide kata en kumite.
• Janco van Rooyen (10 tot 11 jaar) het ’n trotse eerste plek in kumite verower en ’n derde plek in kata.
• Leoné Gagiano (11 tot 12 jaar) het twee derde plekke verower in kumite en kata.
• Marelize van Rooyen (15 tot 16 jaar) het eerste plek in kumite verower en ’n tweede plek in kata.
• PG Steyn (15 tot 16 jaar) het ’n eerste plek in kumite en ’n derde plek in kata behaal.
• Michelle Glen het in die senior vroue kategorie deelgeneem, waar sy weggestap het met twee eerste plekke in kumite en kata.

“Michelle het besonders goed gevaar,” het Gagiano bygevoeg.

“Nie net omdat sy twee eerste plekke verower het nie, maar ook omdat sy haar teenstander van die afgelope paar jaar uiteindelik gewen het.”

Die klub beplan ook verskeie nuwe projekte vir die jaar, soos ’n selfverdedigingsklas, en hoop dat die gemeenskap hierby sal aansluit.

Vir meer inligting oor hoe om by die klub aan te sluit, kontak vir Gagiano by 076 965 5649.

Janco van Rooyen.
Dwayne Venter.
Juan-dré Weidemann.
Caleb van Deventer.
PG Steyn.
Michelle Glen het weggestap met twee eerste plekke in beide kumite en kata toe sy haar jarelange teenstander gewen het.
Leoné Gagiano.
Marelize van Rooyen.

Related Articles

 
Back to top button