GalleriesLocal newsNewsNews galleries

GALLERY: VLU Rensburg-tak neem afskeid van voorsitter

Rensburg VLU neem afskeid van voorsitter tydens die tak se 48ste verjaarsdag vieringe.

HEIDELBERG – VLU Rensburg-tak het hul 48ste verjaarsdag op 16 Maart by die Heidelberg Golfklub gevier.

Daar is tydens die geleentheid ook afskeid geneem van die voorsitter, Bets Grobler, wat vir ’n jaar verlof neem weens gesondheidsredes. Bets was sedert Februarie 2018 voorsitter van die tak.

Die dag se verrigtinge is geopen deur Heilie van den Berg wat met die dames gepraat het oor elkeen se talente wat van die Here af kom.

“Ons moet ons talente gebruik om diensbaar te wees,” het Heilie gesê.

Gedenkstukke en koerantuitknipsels van die afgelope 48 jaar is uitgestal en het gespreek van die tak se toegewyheid, lojale lede en elkeen se talente.

Daar is nie veel vergader nie omdat die koek en tee reg was om die tak se verjaarsdag te vier.

Bets van der Merwe, wat een van die stigterslede was, was ’n spesiale gas en is bedank vir haar getroue 48 jaar diens. Trudie Potgieter is ook vereer met haar balkie vir 30 jaar se lidmaatskap en Carol du Plessis is verwelkom as die tak se nuwe skakelbeampte.

Charmaine Smit het gesorg vir die dag se vermaak en het vir die dames Spaanse dans uitgevoer.

Marty Jerling het die leisels as voorsitter oorgeneem en Heilie van den Berg as visie-voorsitter. Marty was vir 24 jaar lid van die Willowmore Oos-Kaap VLU-tak en het in 2013 na Heidelberg verhuis, waar sy deel was van die VLU Heidelberg-tak totdat dit ontbind het en sy na Rensburg-tak oorgeskuif het.

Bets het die lede bedank vir elkeen se harde werk en ondersteuning en sy is bedank vir haar liefde en take wat met ywer en deursettingsvermoë uitgevoer was.

Die volgende vergadering sal op 13 April om 9.30vm plaasvind.

Kontak Carol du Plessis by 083 233 9624 vir navrae.

Charmaine Smit het gesorg vir die dag se vermaak met haar Spaanse danse.
Bets Grobler was sedert 2018 voorsitter van die VLU Rensburg-tak. Hier is sy saam met foto’s en gedenkstukke wat uitgestal was ter viering van die tak se 48ste verjaarsdag.
Trudie Potgieter ontvang haar 30-jaar lidmaatskap balkie.
Marty Jerling, voorsitter, en Heilie van den Berg, visie-voorsitter, oorhandig ’n ruiker aan Bets Grobler wat as voormalige voorsitter vir ’n jaar verlof vat.
Betsie van der Merwe is vir die afgelope 48 jaar ’n lid van die VLU Rensburg-tak en ook een van die stigterslede.

Related Articles

Back to top button