Duisende kolwyntjies bring hoop vir jong kanker pasiënte

'n Nasionale 'deurry'-Kolwyntjiedag het by die Just Wheels Motorklub plaasgevind.

Nasionale Kolwyntjiedag is Saterdag landswyd gevier en in die dorp was dit geen uitsondering nie.

Die kolwyntjies word jaarliks deur vrywilligers gebak en dan aan die publiek verkoop waarna alle fondse aan die welsynorganisasie, Cupcakes of Hope 4 Kids, geskenk word.

Met die inperking en Covid-19 regulasies in plek het die Kolwyntjiedag dié jaar so effens anders gelyk.

‘n Nasionale ‘deurry’-Kolwyntjiedag het by die Just Wheels Motorklub plaasgevind.

Benewens die heerlike soet bederfies was daar ook vermaak vir die kinders en kon besoekers luister na die sang van Benice en Kayla Borman.

Volgens inligting was daar ‘n allemintige 1 800 kolwyntjies beskikbaar en ‘n bedrag van R18 248 is aan Cupcakes of Hope 4 Kids geskenk.

Personeel en leerders van die Sonneveld Akademie was vanjaar betrokke by die projek en het as hoofkoördineerder opgetree.

Die vier jong seuns het die oggend terdeë geniet. Hulle is (van links) Jaco Viljoen, Luke Loggenberg en Nathan Lues. Voor: Max Tewitz.
Die Sonneveld Akademie-span was op hul pos en reg om honderde kolwyntjies aan die publiek te verkoop.
Maryke Venter met van die kolwyntjies wat te oulik versier was.

Meer foto’s:

 

Exit mobile version