Heidelberg vroue bid saam

Wêreldbiddag vir vroue in Klipkerk gevier.

Wêreldbiddag vir vroue is Vrydag in ‘n vol Klipkerk gevier met Ds Alta Kotzee wat ‘n boodskap van hoop en aanvaarding aan die dames gebring het.

Sowat 137 lande het dié dag op 3 Maart gevier.

Sy het uit Mattheus 20:1-16 gelees van die eienaar van ‘n wingerd wat arbeiders vir die dag gehuur het. Dié wat laat in die dag aangestel is, het dieselfde betaling ontvang as dié wat vroegdag begin werk het.

Ds Alta het gesê vir God is daar nie ‘n vergelyking tussen dié wat eerste en dié wat laaste is nie. Hy werk uniek met elke mens volgens Sy wil. God werk met genade en elkeen is vir Hom belangrik, kosbaar en goed genoeg.

 

 

Volg ons op:
Facebook Twitter
Exit mobile version