Gholfers staan saam vir Baba Janus

Seuntjie benodig dringend tweede operasie sodat hy kan leer praat.

Die gholfdag vir Janus Esterhuizen (20 maande) wat op 26 November by Heidelberg Gholfklub gehou is, was ‘n groot sukses met ‘n vol veld spelers wat aan die vierbal alliansie deelgeneem het.

Janus is met ‘n gesplete verhemelte en -lip en ‘n gat in sy neus gebore. Hy het ook nie ‘n kleintongetjie gehad nie. Sy lip en neus is al mooi tydens ‘n eerste operasie herstel, maar Janus moet nog ‘n operasie teen ongeveer R120 000 ondergaan om sy verhemelte te herstel, voor hy sal kan praat.

Janus se familie bedank almal wat tot die sukses van die gholfdag bygedra het. Ongeveer R24 000 is met die dag ingesamel. As iemand betrokke wil raak en die gesin finansieël wil bystaan, kan Janus se pa Ludwigh by 083 792 0087 geskakel word.

 

 

Exit mobile version