Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Bikers verras kinderhuis met kersgeskenke

Van die kinders vir eerste keer naby motorfiets.

Motorfietsryers van “The Tribe Harley Riding Club” van Boksburg het die kinders van Galaxy Children’s Village op 27 November met kersgeskenke verras.

Rienie Botha van Riezette Helpmekaarsentrum in Rensburg het met die klub in verbinding getree en hulle van die kinderhuis vertel. Nog ‘n paar ander kinders van Heidelberg het ook by die projek baatgevind.

Die kinders kon hul opgewondenheid nie wegsteek nie toe ongeveer 40 lede van die klub met hul brullende ysterperde by die kinderhuis op die hoek van HF Verwoerd- en Uniestraat ingery het.

 

 

Theresia van Eyssen (huismoeder) sê dit is ongelooflik hoe die publiek die afgelope paar maande hul harte en beursies vir die 11 kinders in haar sorg oopgemaak het.

Weldoeners het die huis se dak herstel en geverf en ook ‘n nuwe kombuis installeer. Sakelui van Heidelberg het die kinderhuis se wasmasjien herstel en ‘n stukkende vrieskas vervang. Ander inwoners het ingespring en is besig om die huis binne oor te verf en beoog ook om nuwe gordyne aan te bring.

Mense wat by die huis betrokke wil raak, kan Theresia by 078 822 7700 skakel.

Riezette Helpmekaarsentrum is weer betrokke by minderbevoorregte gesinne (veral in Rensburg) en verskaf kos, klere en ander benodigdhede. Rienie sê dit is veral bejaardes en kinders wat dikwels vergeet word en hulp benodig. Vir enige skenkings kan Rienie by 073 656 6343 geskakel word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button