Inwoners stap Kruistog vir Jesus

Heidelbergers en Nigeliete put geestelike inspirasie uit 1.5km roete na kruis op berg.

Honderde inwoners het aan die Kruistog vir Jesus op 5 November deelgeneem.

 

Jonk en oud het aan die voet van die berg (waar die kruis oor Heidelberg troon) bymekaargekom om die 1.5km aan te durf. Langs die pad was verskeie gebedspunte waar mense geestelike inspirasie kon put.

Poppie Brits sê die ideë het jare lank by haar ontstaan dat sy iets moet doen om siele vir Jesus te werf. Sy het op die Kruistog besluit en van oral het individue, kerke en besighede haar met donasies en hulp ondersteun.

 

 

Sy het ook vir sanger Rudi Muller genader wat sy dienste gratis aangebied het en stappers met geestelike musiek bo by die kruis geïnspireer het. ‘n Kort geestelike boodskap is deur Ds Conrad Steyn van Nigel gelewer.

Poppie sê sy hoop om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Mense wat by die Kruistog betrokke wil raak, kan Poppie by 082 854 4025 skakel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version