Bejaardes op ete en gaskunstenaars getrakteer

Minderbevoorregtes deur Riezette Helpmekaar bygestaan.

Riezette Helpmekaar in samewerking met Hope Projects van Boksburg het hul jaarlikse winterete vir minderbevoorregte bejaardes op 25 Junie in Rensburg aangebied.

Kunstenaars soos die sangers Tjokker, Anette en Bianka Williams asook die blinde klavierspeler David Fritz het die bejaardes vermaak terwyl hulle ‘n driegang maaltyd kon geniet.

 

Riezette Helpmekaar onder leiding van Rienie Botha, Liza en Lizette Steyn asook vyf helpers is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle daarop toespits om minderbevoorregte mense (veral bejaardes, kinders en jong swanger vroue) met klere, kos en ander noodsaaklikhede by te staan.

Hulle is afhanklik van skenkings en vra die publiek om hulle met kos, klere, kombuisware, meubels, toiletware, beddegoed en alle baba benodigdhede by te staan.

Vir meer besonderhede en vir skenkings kan Rienie by 073 656 6343 geskakel word.

Dalene Naude van Hope Projects kan by 072 486 1009 geskakel word. Hope Projects se NPC (non profit company) nr is 2016/137082/08.

Exit mobile version