Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Jeugdag met nuwe jeugbundels in Heidelberg gevier

Volkie Melissa Ludick wen ATKV eersteprys.

Die sestienjarige Melissa Ludick van Hoër Volkskool was die eregas tydens ‘n jeug boekbekendstelling deur die ATKV en Veerpen Uitgewers op Jeugdag.

Nie net is Melissa se digbundel Verspeelde Lente bekendgestel nie, maar ook die ATKV se jeugbundel Aluta Continua. Die ATKV het  in samewerking met Veerpen Uitgewers ‘n digkompetisie gehou met die tema Sterkte in Diversiteit waar leerders van hoërskole hul gedigte kon inskryf. Leerders van laerskole kon kunswerke wat in die boek gebruik is, inskryf.

Verskeie leerders van Gauteng wie se werke in die boek opgeneem is, het die verrigtinge bygewoon. Melissa het die eersteplek met haar gedig “Sterkte in Diversiteit” losgeslaan met Kupa Marufu van die Woodlands International College in tweedeplek met “She” en Livhuwani Phalatse van Hoërskool Uitsig in Pretoria derde met “Do you Realize”.

Verskeie plaaslike leerders het die gaste met sang, toneelspel en dans vermaak.

 

Related Articles

Back to top button