Rensburg VLU-tak het die Goue Suide streekskonferensie gister met 2432 punte gewen. Anja Jordaan (voorsitter) is boonop aangewys as die algehele wenner as individu wat die meeste kompetisiepunte verwerf het.
Branckenhurst-tak was tweede met 2 407 punte met Visarende in derdeplek met 2 325 punte. Heidelberg se ander tak, Goeiehoop (wat gasheer van die konferensie was) is in vierdeplek.
Twee nuwe lede is tot die streekbestuur verkies. Cornelia Pienaar (voorsitter: Heidelberg-tak) is tot vise-voorsitter verkies met Suzi du Plooy as die nuwe skakelbeampte.