GalleriesSports galleries

Nigel Rugbyklub vereer uitblinkers

NIGEL - Nigel Rugbyklub het tydens ‘n prysuitdelingsfunksie by die Portugese Klub op 30 Oktober hul spelers, afrigters, bestuurslede en ondersteuners vir hul bydrae op en van die veld bedank deur oorhandiging van toekennings en trofees.

Sylvia Muller is as ondersteuner van die jaar aangewys, terwyl Chris Reily ‘n toekenning as “ball boy” ontvang het. Piet Celliers het ‘n toekenning vir bestuurslid van 2015 ontvang, Nic Esterhuizen is as 2015 spanbestuurder aangewys en Kobie Snyman het ‘n toekenning as afrigter van 2015 ontvang.
In die junior afdeling is Jean Jordaan as o/21 speler van die jaar aangewys. Hy het ook die meeste drieë in 2015 gedruk, terwyl JJ Bezuidenhout die meeste punte namens die o/21-span aangeteken het. Shane Muller is as o/21 agterspeler aangewys, terwyl Rudolf Koekemoer die toekenning vir o/21 voorspeler van die jaar ontvang het.
Tweedespan speler Willem Labuschagne het die meeste punte aangeteken en is met die trofee vir tweedespan speler van die jaar vereer. Dean Trytsman is die tweedespan agterspeler en Gavin Louw tweedespan voorspeler van die jaar. By die eerstespan het Adriaan Haasbroek die meeste punte aangeteken, terwyl Rassie Erasmus die meeste drieë gedruk het. Ollie le Roux het ‘n trofee vir eerstespan speler van die jaar ontvang. Ollie en Reon deel ook die 2015 voorsitterstrofee, terwyl Tyler Pike en Herman Bothma die trofee vir eerstespan voorspeler van die jaar deel.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button