GalleriesSports galleries

Foto gallery: Hope aksie by Suikerbosrand Jeug Rugbydag

NIGEL - Koue en winderige weerstoestande die afgelope naweek het Suikerbosrand Jeug Rugbyklub se spanne nie gestuit om die seisoen tydens hul finale rugbydag op 19 September, op ‘n hoë noot af te sluit nie.

Duisende besoekers het die rugbydag ondersteun en altesaam ses junior klubspanne het sake op die veld uitgespook.

Die o/8s het hul wedstryd teen Elsburg oortuigend met ‘n telling van 40-0 gewen, maar die knie teenoor die Pirates gebuig toe hulle 5-10 verloor het. Suikersbosrand se o/9s het Elsburg 24-0 geklop.

Die onoorwonne o/10 Bullets is steeds onoorwonne en het Elsburg met ‘n telling van 24-0 gewen, terwyl die o/11 Titans Benoni Grizzlies naelskraap met ‘n telling van 15-12 gewen het. Die Titans het egter hul wedstryd teen Pirates met ‘n telling van 27-0 verloor.

Die o/12 Tigers het ook nie daarin geslaag om die knoop deur te hak nie en het albei wedstryde verloor. Hulle is deur Vanderbijlpark met ‘n telling van 7-10 en deur Pirates met ‘n telling van 0-10 geklop.
Suikerbosrand Jeug Rugbyklub se bestuur het hul borge en veral Hoërskool John Vorster vir die gebruik van die sportgronde bedank.

Die publiek word ook genooi na die klub se jaarvergadering en afsluitfunksie wat op 17 Oktober om 18:00 by die Italian Club plaasvind.

Vir meer besonderhede, skakel Phillip van der Linde by 082 313 1229.

You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button