Community galleriesGalleriesLocal newsNewsSchoolsSchools galleries

Volkies herdenk 100 jaar

Ten spyte van ysige koue, het Volkies 'n bedrywige naweek agter die rug.

Hoër Volkskool se eeufeesvieringe het die afgelope naweek ‘n hoogtepunt bereik toe oud-Volkies tydens ‘n reusebyeenkoms saamgekuier het.

Die naweek het op 4 September afgeskop met ‘n optog van leerders, onderwysers en ouers deur die strate van Heidelberg. Die ysige koue het nie gemoedere gedemp nie en ‘n kleurvolle blikskuddende massa het inwoners begroet. Hierna het leerders aan ‘n kleurfees (colour festival) deelgeneem.

Die naweek het op 6 September ‘n hoogtepunt bereik met ‘n kermis en reünie vir alle oud-Volkies.

 

Fanie de Villiers (oud-Protea snelbouler) wat in 1982 aan Volkskool matrikuleer het, het ook die byeenkoms bygewoon en vriendskapsbande met oud-onderwysers en mede-leerders hernu.

Die naweek is met ‘n kerkdiens by die Klipkerk gemeente afgesluit.

 

 

Related Articles

Back to top button