Hoër Volkskool Revue

Volkies se revue is iets om te beleef.

Hoër Volkskool se revue het Dinsdag afgeskop en die skouspel is ‘n belewenis wat nie misgeloop moet word nie. Die skool vier vanjaar sy 100ste verjaardag en die revue neem die toeskouer op ‘n reis van wat die afgelope eeu plaasgevind het.

 

Die kleurryke dekor, uitrustings en pragtige musiek maak van dié revue iets uitsonderliks. Moet dit nie misloop nie. Toeskouers het net kans om die revue vanaand en Vrydag om 19:00 teen R50 per persoon te besigtig.

 

Saterdag se gala aand is reeds volbespreek.

 

Kaartjies kan by die skool by 016 341 3165 gekoop word.

 

Exit mobile version