Sport

Nigel oorrompel Heidelberg

Die eindtelling was Nigel 38 en Heidelberg 7.

Op 5 Maart, tydens Nigel se rugbydag by die John Vorster-stadion, het Nigel se eerstes teen Heidelberg se eerste span in die finale wedstryd gespeel.

Die eindtelling was Nigel 38 en Heidelberg 7.

Met die afskop, was dit al duidelik dat Nigel opgedaag het om ’n verskil te maak.

Die eerste drie is al in die tweede minuut deur Nigel gedruk.

Junaide Seedat maak reg om ‘n drie te verdoel.

Van daar het Nigel al hulle kanse met altwee hande aangegryp en nog twee keer in die eerste helfte agter Heidelberg se doellyn gaan kuier. Al drie drieë was verdoel voor Heidelberg net voor halftyd hulle enigste drie gaan druk het, wat ook verdoel was.

Die halftyd telling was 21-7.

Die spanne wat na die wedstryd mekaar gegroet het en as vriende van die veld afgestap het.

In die tweede helfte het Nigel in die vierde minuut weer agter Heidelberg se doellyn gaan kuier, en net soos in die eerste helfde weer drie drieë gaan druk, met een drie wat verdoel was.

Nigel en Heidelberg skrum in die middel van die veld.

Teen die einde van die wedstryd het dinge ietwat warm op die veld geraak, wat veroorsaak het dat Heidelberg twee geelkaarte gekry het en met 13 spelers tot die einde van die wedstryd gespeel het.

Met die strafskoptelling wat opgeskuif het, het Nigel die meeste van die kanse wat aangebied is, benut.

Toeskouers by die rugbywedstryd tussen Nigel en Heidelberg.

Related Articles

Back to top button