Local newsNews
Sagies spog met nuwe klaskamer
Die skool se nuwe klaskamer is amptelik op 1 Maart geopen.
Laerskool Hannes Visagie het op 1 Maart ’n nuwe Graad RR-klas onthul.
“Ons is bevoorreg om te kan sê dat ons Graad RR-klasse soveel kinders het om nog ’n klas te kan volmaak,” het skoolhoof Madéle van Vuuren gesê.
“Baie dankie aan Klaas Visser, wat al voorheen vir ons projekte hier by die skool aangepak het, wat vir ons die nuwe klas aanmekaar gesit het.”
Van Vuuren het ook elke ouer en onderwyser wat ook hul hulp en ondersteuning tot die nuwe klas bygedra het, bedank.