Local newsNews

Optrede teen munisipaliteit beplan

Gemeenskap staan saam teen die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit.

AfriForum het op 23 Februarie met beplande optrede teen Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) afgeskop tydens ‘n gemeenskapsvergadering wat goed ondersteun is.

Dr Willem Sprong, voorsitter van AfriForum Heidelberg, het die vergadering byeengeroep waartydens daar idees gedeel was met die gemeenskap om Heidelberg op standaard te kry wat dienslewering aanbetref.

Dr Willem Sprong van AfriForum Heidelberg spreek die gemeenskap toe.

Na aanleiding van die opkoms is daar is ‘n duidelike bewys dat Heidelberg se gemeenskap nie tevrede is met die stand van sake in die dorp nie.

Sekere brandpunte wat bespreek was is in ‘n drie-punt plan uitgewys.

Volgens die plan gaan klem gelê word op administrasie, infrastruktuur en die beeld van Heidelberg.

Sprong het gesê, “Die tyd vir speletjies en net woorde is verby. Tyd is nou om aksie te neem.

“Deur net stil te sit en niks te doen nie verval Heidelberg se infrastruktuur net verder en ons as ‘n gemeenskap moet inspring en LPM verantwoordelik hou.”

Deel van die drie-punt plan wat uitgelê is tydens die vergadering is as volg:

1. Administrasie met volgehoue druk op LPM om te verseker dienslewering vind plaas.

“Op 19 Januarie het AfriForum persoonlik ‘n brief aan LPM oorhandig met eise wat dienslewering insluit,” het Sprong gesê.

“Ons gaan woord by die daad te sit om die munisipale bestuurder en sy span eerstens aan te spreek en verantwoordelik te hou.

“Dienslewering is nie onderhandelbaar nie. Lesedi is reeds op terme geplaas.”

2. Infrastruktuur. Aandag aan sekere areas skenk wat dienslewering insluit naamlik:

• Slaggate: Die gemeenskap gaan self inspring en regmaak en die finansies terug verhaal van LPM.

• Straatligte moet herstel word en in stand gehou word.

• Rommel en vullis moet hoog op die agenda geplaas word om te verseker dat Heidelberg skoon bly.

• Water- en elektrisiteitsprobleme wat daagliks tans voorkom en instandhouding by die onderskeie substasies.

• Verlate geboue in Heidelberg – eienaars van die geboue gaan aanspreeklik gehou word om te verseker dat die geboue nie uitmekaar val nie.

• Verkeerstekens moet hernu word sodat verkeers wetstoepassing korrek gedoen word.

Die AfriForum gemeenskapsvergadering is goed deur die gemeenskap ondersteun.

3. Ten opsigte van die beeld van Heidelberg het Sprong beaam dat die ingange van Heidelberg weer verfraai moet word sodat dit ‘n beter indruk kan skep.

“Ons wil weer toeriste teruglok Heidelberg toe. Daar word tans gewerk aan ‘n plan van aksie en die gemeenskap moet betrokke raak om te verseker dat dit suksesvol is,” het Sprong verder gesê.

“Indien ons as gemeenskap saamstaan en saamwerk kan ons verseker ‘n verskil maak.”

Die beginsel is vir almal om in te spring en skouer aan die wiel te sit.

AfriForum het spesialiste en kenners wat bereid is om te help en raad te gee om te verseker dat die inisiatief suksesvol is.

“Dit is belangrik om die regte prosedure te volg sodat LPM aanspreeklik gehou word vir uitgawes,” het Sprong ter afsluiting gesê.

“Om deel van die oplossing te word moet elke inwoner betrokke raak. Saam kan ons ‘n verskil in Heidelberg aanbring.”

Inwoners wat betrokke wil raak kan ‘n e-pos stuur na admin@kathuhari.co.za, edupreez@vodamail.co.za of tesourier.heidelberg@afriforumtak.co.za

Of stuur ‘n WhatsApp na 083 611 9589 of skakel vir dr Willem Sprong by 083 611 9589 of vir Etienne du Preez by 082 868 8312.

Related Articles

Back to top button