Local newsNews

Gemeenskap woeker om Heidelberg skoon te kry

Skoon Heidelberg is hard aan die werk.

Goeie Samaritane in Heidelberg maak elke week ‘n sekere deel van die dorp skoon.

Die Skoon Heidelberg-groep kom weekliks op ‘n Donderdag tussen 08:00 en 09:00 bymekaar in ‘n poging om die dorp skoner daarna te laat uitsien.

Tydens die mees onlangse skoonmaak sessie, wat op 17 Februarie plaasgevind het, het die werkgroep gekonsentreer op die area net buite die Heidelberg se winkelsentrum.

Die oorspronklike idee het ontstaan deur ‘n paar vroue wat op hul staproete opgemerk het dat die strate vol rommel gestrooi is.

Dit het daartoe gelei dat hulle begin het om die rommel op te tel en nie verby dit te stap nie.

Sedertdien het dit nou ‘n weeklikse instelling geword om elke Donderdagoggend die strate en oop areas te probeer skoonmaak.

Meer vroue het ingeskakel om te help maar deesdae is daar ook manlike vrywilligers wat hand bysit.

Behalwe vir die groep stappers, is daar altyd ‘n voertuig van Crime Stop Heidelberg wat vullis sakke, wat met rommel gevul word, op te laai en te verwyder.

Donderdagoggend is 13 sakke rommel opgetel en verwyder.

Charlotte Cloete vra vir enige person wat wil aansluit en help om Heidelberg weer skoon te kry om haar te skakel.

“Elke bietjie help om te verseker dat ons dorp meer toeganklik is en hopelik kan ons meer toeriste terug lok na ons mooi dorp,” sê sy.

Vir meer inligting kontak Charlotte by 083 488 5337.

Related Articles

Back to top button