Local newsNews

Besige maar gesellige oggend vir VLU

Die vroue van die Rensburg VLU se maandelikse vergadering het by die Gereformeerde Kerk in Heidelberg plaasgevind.

Lede van die VLU se Rensburg-tak het op 15 Februarie bymekaar gekom vir hul maandelikse vergadering.

Streeksvoorsitter Elize Coetzee het saam met Elize van Biljon (tesourier vir Overvaal-streek) die vergadering bygewoon.

Coetzee het die tak se verkiesing waargeneem. Heilie van den Berg is tydens die verkiesing as die nuwe vise-voorsitter van die tak gekies terwyl Petra Basson en Bettie van den Burgh as die twee addisionele lede gekies is.
Van Biljon het die tak se kompetisie artikels, wat tydens die vergadering uitgestal was, beoordeel.

Streekvoorsitter, Elize Coetzee saam met Marty Jerling (tak voorsitter) en Bettie van der Burgh by die uitstalling van rooibostee, konfyt en broodjies. Van der Burgh het die tak se lede meer oor rooibostee vertel.

In elke afdeling gaan drie van die artikels deur na die konferensie wat op 5 Maart sal plaasvind.

Tydens die vergadering kon lede ook die tak se nuwe vaandel, wat deur lede Petra Basson en Jeanie Boshoff gemaak is, aanskou.

Die VLU se kompetisie artikels was uitgelê om beoordeel te word.

“Petra het elke blommetjie en kraletjie met die hand vasgewerk,” vertel Trudie Potgieter (sekretaresse).
“Ons wil vir haar baie dankie sê vir die pragtige stuk werk.”

Van der Burgh het na die formaliteite die vrouens meer oor rooibostee se verskeie voordele vertel.
Die tak se volgende vergadering sal op 15 Maart plaasvind.

Streekvoorsitter, Elize Coetzee (links agter) saam met Marty Jerling (voorsitter).Trudie Potgieter, Petra Basson en Elize van Biljon by van die tak se kompetisie artikels wat vir beoordeeling uitgestal was.

Vir meer inligting oor die tak kan belangstellendes vir Marty Jerling (voorsitter) by 082 465 9343 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button