Local newsNews

AfriForum wil samewerking met gemeenskap bewerkstellig

Die gemeenskapsvergadering sal op 23 Februarie plaasvind.

HEIDELBERG – Op 14 Februarie het Dr Willem Sprong van AfriForum Heidelberg-tak ‘n inligtingsessie gehou met die plaaslike media en ander belangstellendes, ter voorbereiding van ‘n gemeenskapsvergadering wat op 23 Februarie gaan plaasvind.

Die tak wil die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) aanspreeklik hou vir die gebrek aan dienslewering in Heidelberg en omliggende areas en in dieselfde asem die gemeenskap kry om saam te staan om aksie te neem.

Op 19 Januarie was daar ‘n versoekskrif aan die LPM oorhandig om te vereis dat spesifieke probleme aandag sal kry en reggestel word.
Tot nou toe het Lesedi Munisipaliteit nog nie op die versoeke gereageer nie.

“Daar is verskeie aspekte waarna daar gekyk gaan word om te verseker dat dienslewering aandag sal kry en dit is AfriForum se doel om saam met die gemeenskap in te spring om verskeie probleme aan te spreek.

“Hiermee gaan die LPM aanspreeklik gehou word vir die onkoste wat daarvan verbonde is,” het Sprong gesê.

“Daar kan ook ‘n situasie ontstaan waar ‘n hofsaak aanhangig gemaak word sodat onkostes terug geëis kan word.”

Hy het egter benadruk dat die stappe wat geneem gaan word nie daar is om ‘n Belasting Betalersvereniging te begin nie, maar eerder ‘n gemeenskapsprojek waar almal saam sal staan om te verseker dat dienslewering of die gebrek daarvan aandag geniet.

Drie aspekte maak grootliks deel uit van die plan van aksie:

• Administrasie: AfriForum wil hê LPM moet aanspreeklikheid aanvaar vir dienslewering en verseker dat die gemeenskap baat vind by die verskillende diensleweringsareas in Heidelberg.
Sprong sê: “Dit is ‘n grondwetlike reg dat die munisipaliteit dienslewering verskaf. Verder is dit ook ‘n Burgerreg om te verseker dat dit wel toegepas word.
“Daarby gaan AfriForum ook verseker dat geen wette oortree word nie, hetsy munisipale wette, veiligheidswette asook bywette.”

• Infrastruktuur: belangrike areas wat aandag gaan verg is die herstel van slaggate en straatligte, water, riool en vullis verwydering.

• Beeld van Heidelberg: Sprong benadruk dat die beeld van Heidelberg in die gedrang is en dat dit so gou as moontlik reggestel moet word. Groot aandag gaan gevestig word om die ingange van Heidelberg skoon te kry en skoon te hou.

“Sypaadjies gaan ernstige aandag kry om te verseker dat dit skoon kom en alle gate, slote ensovoorts toegemaak word, daarby ook die spruite en damme in die area.

“Verdere aandag gaan ook aan verlate geboue gegee word, en die eienaars gaan aanspreeklik gehou word om te verseker dat na die geboue gekyk gaan word. Verkeerstekens en padmerke gaan vernu word, asook onwettige borde en advertensies gaan verwyder word.

“Die hele projek gaan nie polities gedryf word nie maar gaan deur die gemeenskap bestuur word om te verseker dat Heidelberg weer kan floreer en toeriste weer kan lok Heidelberg toe.

“Die hoofdoel is om die ekonomie van Heidelberg te red. As ons dit kan regkry kan dit weer tot werkskepping lei ongeag jou ras.

“Ons wil verseker verhoed dat klein probleme in die gemeenskap nie later groot kopsere kan word of veroorsaak nie,” het Sprong gesê.

“Met ‘n positiewe gesindheid van die gemeenskap en ‘n goeie plan van aksie wat uitgevoer word kan ons verseker ‘n verskil maak,” beaam Sprong.

Die gemeeskapsvergadering vind op 23 Februarie in Laer Volkskool se skoolsaal om 18:00 plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button