96% slaagsyfer vir Vossies

Hoƫrskool John Vorster se matrieks van 2021 het vandag hul uitslae ontvang.

NIGEL ā€“ HoĆ«rskool John Vorster se matrieks van 2021 het op 21 Januarie, met groot afwagting, hul matriekuitslae by die skool ontvang.

ā€œOns is baie trots op elkeen van ons matrieks,ā€ het skoolhoof Jan Nienaber gesĆŖ.

Dan Tshimanga is die skool se dux leerder met ses onderskeidings. Hy gaan finansies by WITS studeer.

Die skool het vanjaar ‘n slaagsyfer van 96.1% behaal, teenoor verlede jaar se 100% slaagsyfer.

Stefan Horn het vyf onderskeidings verwerf en gaan optometrie aan die Universiteit van Johannesburg studeer.

ā€œOnder die omstandighede is ons baie tevrede met die uitslae,ā€ het Nienaber verder gesĆŖ.

ā€œDit was ‘n moeilike jaar vir baie van ons matrieks, en hulle het ons nogsteeds trots gemaak.

ā€œOns wil graag dankie sĆŖ aan elke leerder, ouer en onderwyser wat bygedra het tot die matrieks se sukses.ā€

Die skool se toppresteerder vir 2021 is Dan Tshimanga wat ses onderskeidings behaal het.

HendrĆ© Horn het vyf onderskeidings verwerf. Hy gaan aan die NWU studeer om ‘n geoktrooieerde rekenmeester te word.

Stefan Horn en HendrƩ Horn het beide vyf onderskeidings behaal en Mariesa Manenti, MornƩ Brits en Jenivieve Olivier het elkeen vier behaal.

Jenivieve Olivier het vier onderskeidings behaal.

Manenti en Brits was nie beskikbaar vir fotos nie.

Related Articles

Back to top button