Local newsNews

Balfour Hengelklub katrol groottes in

Die hengelklub het die jaar afgeskop by die Vaaldam.

Die Balfour Hengelklub het op 8 Januarie die jaar met hul eerste kompetisie by Miemiesdal by die Vaaldam afgeskop.

Sowat 22 lede van die klub was betrokke en het altesaam 443 visse, met ’n totale gewig van ongeveer 153.040kg, gevang.

Die wenners was (die plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans: Jaco van der Merwe (24 visse met ’n gewig van 44.720kg), Bennie Kriel (57 visse met ’n gewig van 8.367kg) en Pieter Swanepoel (43 visse met ’n gewig van 11.678kg).

• Vroue: Darell Roos (24 visse met ’n gewig van 4.320kg), Ingrid Kriel (22 visse met ’n gewig van 3.102kg) en Sonja Brits (15 visse met ’n gewig van 4.210kg).

• Juniors: Jayden Nolte (21 visse met ’n gewig van 6.578kg), Kallie Kriel (21 visse met ’n gewig van 5.580kg) en Anthony Muller (vyf visse met ’n gewig van 1.808kg).

Van der Merwe het ook die swaarste karp (3.340kg) en swaarste baber (16.060kg) uit die water katrol.

Luan Muller het die swaarste graskarp (3.370kg), die swaarste moddervis (1.284kg) en die swaarste geelvis (0.575kg) uitgetrek.

Die klub se volgende kompetisie sal op 5 Maart by Klein Rosslee langs die Vaaldam gehou word.

Vir meer inligting oor die klub kan Lukas Stoltz by 084 757 6058 of Jaco van der Merwe by 066 157 7848 gekontak word.

Related Articles

Back to top button