Local newsNewsSchools

Graad sewes lui klok ‘n laaste keer

Laerskool AG Visser het op 24 November op gepaste wyse vanjaar se graad sewes gegroet.

Skoolhoof, Selma Marx, het die graad sewes toegespeek met die woorde “mooiloop”.

Laaste lui van die klok vir hoofmeisie Lindsay Barrett en hoofseun Handré Gryffenberg.

“Jou wortels het begin by die skool,” het Marx aan die leerders gesê.

“Waardes, norme en goeie maniere is hier geleer. Jy moet verseker iewers begin om mooi te loop,” het sy bygevoeg.

Laerskool AG Visser se skoolhoof Selma Marx spreek die leerders toe.

Dit is die hoeksteen wat die graad sewes moet aan werk vir hul eie toekoms.

“Mooiloop beteken ook waarheen jy loop,” het Marx gesê.

Lindsay Barrett (hoofmeisie) groet die skoolhoof Selma Marx vir ‘n laaste keer.

“Jy as individu is op die drumpel van ‘n nuwe toekoms. Die toekoms is in jou hande. Fokus op die wenstreep. Daardeur sal jy verseker suksesvol wees.

AG Visser Laerskool se graad sewe leerder het onlangs afskeid geneem.

“Hiermee sê ons totsiens graad sewes,” het Marx ter afsluiting gesê.

Skoolhoof Selma Marx saam met Lindsay Barrett (hoofmeisie) en Handré Gryffenberg (hoofseun).

“Julle is ons hoeksteen na die toekoms toe, en ‘n voorbeeld vir toekomstige leerders van AG Visser Laerskool.”

Die woorde onder die klok.
Die borsbeeld van AG Visser is ook gemasker.

Related Articles

Back to top button