Local newsNews

Besigheidsliga rol tot ’n einde

Die besigheidsliga se finale rondte was Donderdagaand gespeel.

Die Heidelberg Rolbalklub het Donderdagaand die finale rondte van hul besigheidsliga gespeel en met groot gees die toernooi afgesluit.

Die liga, wat aan die begin van Oktober afgeskop het, was weekliks by die rolbalbane gespeel en het uit twaalf spanne bestaan.

Piet van der Heever, president van die klub, het al die spelers bedank vir hul deelname.

Die Mahindra-span het in die derde plek opgeëindig. Dié span het uit Pieter du Bruyn, Paul Rademeyer en John-William Vosloo bestaan. George Clarke het die oorhandiging van die trofee behartig.

“Ons sê vir julle dankie vir julle ondersteuning en ons hoop dat julle die nuwe reëls van die toernooi geniet het. Dit was lekker om julle elkeen te ontvang,” het Van der Heever gesê.

Die rolbalklub het ’n prys vir die beste gees asook vir die meeste touchers toegeken, en die spanne wat plek gekry het is ook aangewys.

Kosie Oosthuyzen het die meeste touchers trofee by George Clarke ontvang.

“Die meeste touchers prys was basies vir spelers wat die wit bal die meeste geraak het,” het George Clarke, sekretaris van die klub, verduidelik.

“Dit was baie interessant gewees om te sien hoe die ontwikkel.

Barries Badenhorst het met die beste gees trofee huis toe gegaan, George Clarke het die oorhandiging gedoen.

“Aan die begin was daar maar min, maar soos wat die liga ontwikkel het, het spanne elke week meer moeite gedoen om die wit bal te raak.”

Jaco van Niekerk en sy spanmaats, Arthur Haai en Daniel Malan van die LSC se admin span, het met die eerste plek weggestap. George Clarke (tweede van regs) het die trofee aan hulle oorhandig.

Die beste gees prys het aan Auto-Ren se Barries Badenhorst gegaan, terwyl die meeste touchers prys aan Kosie Oosthuyzen gegaan het.

Die besigheidsliga se wenners was soos volg: Mahindra se span was in die derde plek, LCS se bestuurspan het die tweede plek verower en die LCS se admin span het met die eerste plek weggestap.

Related Articles

Back to top button