Local newsNews

Earth Owl bring hul kant om dorp skoon te kry

Earth Owl het deel van die skoonmaakinitiatief gevorm.

Oud en jonk het op 17 September moue opgerol en ingespring om die dorp skoon te maak.

Die skoonmaakinisiatief is deur die Suikerbos Kommando van die Voortrekkers van stapel gestuur ter viering van die Voortrekkers se 90ste bestaansjaar.

“Dit was regtig vir my wonderlik om so ’n groot skoonmaakprojek in werking te sien,” het Roché Pepler, een van die mede-stigters van Earth Owl wat ook die inisiatief ondersteun het, gesê.

“Dit was waarlik ’n voorreg om deel van so ’n mooi dag te kon wees. Almal, van kinders tot pensioenarisse, was gereed om hul hande vuil te maak en verandering te bring.”

Vanda van Niekerk het ook haar deel gedoen om skoon te maak.

Sy meen dat sowat 20 vrywilligers van die Nigel en Heidelberg gemeenskappe saamgespan het om 127 swartsakke se vullis, met ’n gewig van ongeveer 1 016kg, uit die omgewing verwyder het.

“Ons glo en hoop dat dié projek mense sal inspireer om die omgewing skoon te hou.”

Pepler het die verskeie organisasies wat deelgevorm het van die Voortrekkers se inisiatief bedank vir hul hulp en betrokkenheid deur die dag.

“Saam kan ons ’n verskil maak wat geld.”

Vir meer inligting oor ander skoonmaakprojekte in die omgewing, kontak vir Pepler by 060 482 1280.

Sowat 127 swartsakke vol vullis was op die dag uit die omgewing verwyder.

Related Articles

Back to top button