CrimeNews

Man ernstig ná wurg beserings

'n Voormalige brandweerman is op 'n ventilator ná hy erstige beserings aan sy lugpyp opgedoen het.

Paramedici het vir langer as ‘n uur gespook om die man in sy laat 40s se lewe te red nadat Devan Heystek (kapelaan) ‘n noodoproep van hom ontvang het. Die drama het op 10 Februarie om 18:00 in Strydomstraat in die middedorp afgespeel. Die man wat die afgelope twee maande berading van Heystek ontvang het, was die afgelope paar jaar haweloos.
Omstanders was veral ontstoke omdat plaaslike ambulanse nie op die toneel opgedaag het nie. HERAUT het verneem dat Heidelberg se twee ambulanse in dieselfde tydgleuf na ongelukstonele buite die dorp uitgeroep is.
‘n Buurvrou het eerste tot die man se redding gekom tot lede van Heidelberg Medic Volunteers opgedaag het. Die hulp van Emer-G-Med en Netcare 911 is ook ingeroep waarna die pasiënt gestabiliseer is.
Hy is in Natalspruit Hospitaal in ‘n ernstige toestand opgeneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button