Local newsNews

Akrobate vaar goed by Gauteng-Noord kompetisie

Die akrobate het uitstekend gevaar by die Revolution Gauteng-Noord danskompetisie.

HEIDELBERG – Die akrobate van die AcroKinetiX dansskool in Heidelberg het onlangs aan die Revolution Gauteng-Noord danskompetisie in Germiston deelgeneem.

“Ek is so trots op elkeen van my dansers,” het Azelle Uys die stigter en afrigter van die dansskool gesê.

“Almal van hulle het uitstekend presteer en dit was boonop meeste van hulle se eerste kompetisie.”

Elke danser het aan die novice acro solo-kategorie deelgeneem en sommige van die dansers het ook aan die novice acro groep dans deelgeneem.

Die dansers het almal puik presteer en kon aan die einde van die dag met agt goue medaljes en vier silwer medaljes wegstap.

“Ek kan nie wag om te sien wat die toekoms vir die groep dansers inhou nie,” het Uys afgesluit. “Ek sien baie potensiaal in hulle.”

Vir meer inligting oor die dansskool of hoe om aan te sluit, kontak vir Uys by 071 355 7814.

 

Related Articles

Back to top button