Local newsNews

Sunet Nel Rekenmeesters vier 17 jaar in Heidelberg

Party mense droom van sukses, terwyl ander mense elke oggend opstaan en dit maak gebeur.

Dit is die boodskap van Sunet Nel Rekenmeesters wat vir die afgeloope 17 jaar elke dag dit maak gebeur het. Dae het later jare geword en vandag is Sunet Nel Rekenmeesters, geleë in Voortrekkerstraat Heidelberg, ’n bekende naam.

Sunet lei haar span met trots en die professionaliteit kan aangevoel word. Vir Sunet is kliëntediens en kommunikasie nie onderhandelbaar.

“Met God se genade en seën is ons vir die afgelope 17 jaar ’n gevestigde maatskappy in die dorp,” het Sunet vertel.

Die Heidelberg kantoor het die hoofkantoor van die groep geword, met kliënte regoor die land. Vyf jaar gelede is ook ’n tak in die noord-kus geopen.

“In Februarie 2004 het ons in ’n klein kantoor in Strydomstraat langs Checkers begin. Ek was nog jonk en vars klaar met my klerkskap. Vandag het ons takke en kliënte regoor die land,” het Sunet gesê.

Sunet Nel Rekenmeesters bedien Heidelberg en die omliggende gemeenskap. Van gewone inkomstebelasting tot finansiële jaarstate, BEE sertifikate, salarisse en nog meer kan kliënte hul eie rekeninkundige pakkette saamstel om hulle sak te pas.

Sunet bedank elke kliënt wat dit moontlik maak om elke oggend te kan opstaan en ’n suksesverhaal te kan skryf. Sy bedank ook haar huidige wenspan wat dit maklik maak om mee saam te werk.

Sunet en haar span het op 1 Februarie kolwyntjies ter viering van hul 17de bestaansjaar aan die omliggende besighede uitgedeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button