Local newsNews

Jonk en oud daag op vir Kruistog.

Die jaarlikse Kruistog wat gewoonlik oor die paastydperk in April plaasvind, was as gevolg van die Covid-19 pandemie uitgestel en het op 7 November plaasgevind. 

Die Kruistog is ‘n herdenking-stap van Jesus se kruisiging en word deur Poppie Brits en haar span georganiseer. Heidelbergers en hul gesinne het die koppie tot by die kruis uitgestap op hul eie tyd en padlangs gekuier en gesels.  

Ten spyte van die hitte het oud en jonk op 7 November die koppie uit gestap vir die jaarlikse Kruistog ter ere van hul Hemelse Vader.

Daar was ook gebedspunte met Bybelverse waar stappers kon stop, rus, lees of bid tot hul bo by die koppie bymekaar gekom het.

Judith Kea en Johan Anker was van die geestelike sangers wat gesing het. Duiwe is vrygelaat terwyl Judith Kea die oorwinningslied gesing het.

Duiwe is uit hul hok los gelaat terwyl Judith Kea die oorwinnings lied gesing het.

Besoekers van omliggende dorpe het ook kom deel in die kruistog. “Ek het onlangs ‘n rug-operasie ondergaan en wou die kruistog kom stap om weer eens vir die Here dankie te sê vir Sy beskerming en bonatuurlike wonderwerk in my lewe,” het Margaret Labuschagne van Brakpan gesê.

Ten spyte van die hitte, het oud en jonk kom stap om lof te bring aan hul hemelse Vader.

Related Articles

Back to top button