Local newsNews

Suikerbos Bonsai Kai stal uit

Die Suikerbos Bonsai Kai het onlangs 'n mini-Bonsai-uitstalling by die Village Garden kwekery in Brakpan gehou.

Die Suikerbos-lede het met trots hul bonsai-bome vertoon en bygedra tot die groot getal bome wat uitgestal was.

Die boom wat die Beste Boom-toekenning op die vyfde African Bonsai Convention (ABC5) gewen het, was ook te sien.

“Te oordeel aan die kommentaar en uitdrukkings van die publiek wat uitstalling bewonder het, was hulle verbaas oor die prag van die bome,” het Hannes Fritz, voorsitter Suikerbos Bonsai Kai, gesê.

Hannes en Stefann Pretorius het ook demonstrasies aangebied oor die tegniek om die “privits” te snoei en bedraad.

“Ons is dankbaar vir die ander Suikerbos-lede wat ook bygewoon het. Sommige reis selfs vanaf Witbank,” het Hannes genoem.

Related Articles

Back to top button