GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Kleuters ontpop in sterretjies voor TV kameras

Bambino’s Kleuterskool deur kykNet se Kleuterzone-span besoek.

Bambino’s Kleuterskool is een van net 24 kleuterskole uit ‘n aanvanklike 540 wat gekies is om aan kykNET se Kleuterzone program deel te neem.

Dit was kameras, ligte en aksie net waar jy kyk toe die TV-span die skool op 24 November besoek het. Anthonie Bougas (aanbieder en uitvoerende vervaardiger) het vroeër die dag onderhoude met die kleinspan by die skool gevoer. Die aand het die kleuters die geleentheid gehad om voor die kameras en hul ouers verskeie liedjies te sing en op te voer.

 

Kleuterzone is ‘n nuwe program waar kykers na die spontane boodskappe en stories van die kleuters kan luister. Die program word Saterdae om 17:30 op DSTV Kanaal 144 uitgesaai.

Bambino’s se episode sal middel Januarie uitgesaai word.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button