Local newsNews

Kontak is koning, sê VLU tak

Ná sewe maande van afsondering kon Rensburg VLU-tak weer vergader en dit het behoorlik gegons soos die dames weer opgevang en geklets het.

Die lede het op 22 September by Stien Venter se huis bymekaar gekom waar sy almal met met vars en ingelegde sampioene bederf het.

Stien het ook vir elke dame ‘n siklaam plantjie gegee met instruksies oor hoe om dit te versorg.

“Ons het met hartseer van Thea Jordaan wat bedank het afskeid geneem. Sy was vir vier jaar lid van die Rensburg-tak en altyd bereid om te help wanneer ‘n taak voorgelê het. Haar idees het nooit opgehou nie,” het Bets Grobler (voorsitter) gesê.

Die vergadering is om teekoppies en versnaperinge afgesluit waar daar weer lekker gekuier is. Die dames is dit eens dat dit die hoogtepunt van die dag was.

Rensburg VLU-tak se volgende vergadering is op 20 Oktober. Skakel Bets Grobler by 082 608 0882 vir meer inligting rakende die tyd en plek.

Related Articles

Back to top button