Local newsNews

September is Erfenismaand

Die dorp se plant-en boomkenner, George Fritz het sy kennis oor die boom van die jaar en veral spesies wat in Heidelberg aard, asook slim idees om jou tuin natuurvriendelik te maak met HERAUT gedeel.

Nasionale Boomplantweek is ‘n goeie tyd om alle Suid-Afrikaners aan te moedig om inheemse bome te plant as ‘n praktiese en simboliese gebaar van volhoubare omgewingsbestuur.

Die 2020 boom van die jaar is Ekebergia capensis, ook bekend as die Kaapse As. Kenmerke van die boom is basgrys, gladde jong takkies met prominente blaar littekens en blom van September tot Desember. Dit dra ‘n rooi bessievrug van November tot April. Die boom groei meestal in immergroen boswêreld, kusveld en bosgebiede.

“Die boom aard ongelukkig nie in ons koue klimaat nie, maar enige inheemse boom kan in Heidelberg geplant word. Bome wat hier goed sal aard is die Wilde olyf of Olienhout boom,” het Fritz gesê. Fritz het ook ‘n paar wenke gedeel wat lesers kan doen vir hul bydrae tot Erfenismaand en stel voor dat jy jou eie kompos maak deur die blare op jou grasperk en plaveisel in jou beddings te strooi. Die blare sal op natuurlike wyse tot kompos verwerk word. Dit dien ook as ‘n deklaag wat vog bewaar en die ontkieming en groei van onkruid bekamp.

George Fritz deel ‘n paar slim idees om jou tuin natuurvriendelik te maak.

“Gebruik slegs omgewingsvriendelike onkruiddoders en gifstowwe. Plant eenjarige, kleurvolle plante in potte in areas waar ander plante nie groei nie. Daar is niks so effektief om ‘n oninteressante hoek in die tuin op te helder as kleurvolle plante in houers nie,” vertel Fritz.

Maak voerplekke vir voëls op ‘n veilige plek naby water waar katte hulle nie kan bykom nie. Water in die tuin lok verskeie voëls, paddas en insekte. Beplan ‘n watertuin in ‘n hoekie n waar dit vanuit die huis of stoep gesien kan word. ‘n Maklike manier om ‘n waterdammetjie te maak is om die area uit te voer met ‘n dik plastieklaag. Pak die rand van die plastiek toe met mooi plat klippe. Plant waterliewende plante rondom en waterplante binne-in.

Voorsien ‘n plat klip vir sitplek in die water waar gebad en gedrink kan word. Indien die dammetjie diep genoeg is, kan goudvissies ingebring word om die prentjie af te rond. “Onthou paddas is deel van die hele opset. Hulle hou jou tuin vry van skadelike insekte,” het Fritz bygevoeg. Fritz doen gereeld veldwerk saam met Natuurbewaring SA en deel graag sy liefde vir bome en plante. Vir meer inligiting skakel Fritz op 082 920 3475.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button