Local newsNews

Musiekkringe betreur Van der Berg se afsterwe

Oud-Heidelberger Barend van der Berg (41) is op 13 Mei skielik by sy Pinelands huis in die Wes-Kaap oorlede.

Daar word vermoed dat Barend aan hartkwale gesterf het, maar weens grendelstaatbeperkings kon ‘n volledige nadoodse ondersoek nie afgehandel word nie.

Sy vriende het bevestig dat hy sedert die inperking op twee geleenthede in die plaaslike hospitaal opgeneem is.

Die voormalige lid van die rock-groep Daisy Mandela was sonder twyfel ‘n yster en so lief as wat hy was om ‘n elektriese kitaar te laat dreun soos net Jimi Hendrix kon, was sy passie vir sy medemens een van sy mees besondere eienskappe.

Sy afsterwe word diep betreur sy familie en groot vriendekring. Huldeblyke en wonderlike videogrepe van Barend besig om op sy kitaar te speel het menige harte geraak en trane vrylik laat loop.

Barend se lewe sal deur sy vriende in Heidelberg en Nigel, asook waar hy tydens sy afsterwe gewoon het, gevier word op ‘n latere stadium wanneer al die reëlings afgehandel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button