Local newsNews

Botsing te midde begrafnisstoet veroorsaak verkeersknoop

NIGEL - Verkeer in albei rigtings is tot stilstand gedwing na ‘n botsing tussen ‘n Volkswagen Polo en Eskom voertuig op die R550-aansluiting.

Die ongeluk het omstreeks 14:30 op 4 November net buite Nigel Begraafplaas plaasgevind, terwyl  die begrafnisstoet van besigheidsman Manny Caldeira (wat op 30 Oktober gesterf het) na die begraafplaas onderweg was.

IMG_8021 (Custom)

Dit het ‘n verkeersophoping van etlike kilometers veroorsaak. Ekurhuleni Nooddienste is na die toneel ontbied, maar niemand is tydens die botsing beseer nie. Lede van Nigel GPF het Nigel Metro Polisie bygestaan om die verkeer te reguleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button