Local newsNews

Wêreldlyndanskampioenskappe wink steeds vir Deoné

Deoné Erasmus van Nigel sal nogsteeds voorlopig later vanjaar aan die Lyndans Wêreldkampioenskappe in Blackpool, Engeland deelneem. 

Sy sê ondanks die Covid-19 pandemie is die toernooi nog nie uitgestel nie en dat sy nou tuis in afsondering oefen om te verseker dat sy haar beste voetjie voorsit wanneer dit saakmaak.

“Die toernooi vind voorlopig oor16 weke plaas en enige veranderinge sal dadelik aan ons bekendgemaak word. Ek oefen oral in die huis en tuin. Daar het al ‘n paar graspolle in die slag gebly, maar ek moet sorg dat ek fiks bly en dat ek gereed is vir die kompetisie,” het Erasmus laggend vertel.

Die Lyndans Wêreldkampioenskappe is vir 31 Julie tot 3 Augustus geskeduleer, maar net soos met talle ander groot sportbyeenkomste, hang dié kompetisie ook in die weegskaal.

“Ons is baie onseker, maar dit is belangrik om steeds voor te berei. Ek bly positief en is gereed vir enigiets wat my kant toe kom,” het Erasmus afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button