Local newsNewsBreaking News

Matriekleerder oppad na skool in botsing beseer

Drie persone, waaronder ‘n matriekleerder van Hoërskool John Vorster, is beseer nadat twee voertuie op die R42 by Vorsterskroon gebots het.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG IN VOLGENDE WEEK SE UITGAWE VAN HERAUT

Die ongeluk het omstreeks 09:15 op 27 Augustus plaasgevind. Dit is nie duidelik wat tot die botsing gely het nie, maar volgens omstanders het ‘n vroulike minibus bestuurder beheer verloor en ‘n aankomende motor getref. Die minibus het omgeslaan en etlike meters verder in die veld tot stilstand gekom.

Die bestuurder van die ander voertuig is met inwendige beserings per helikopter na ‘n hospitaal vervoer, terwyl die Graad 12-leerder en haar ma met minder ernstige beserings per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Verkeer op die R42 is deur lede van Nigel GPF gereguleer en die toneel is deur Nigel Metro Polisie beveilig. Die oorsaak van die ongeluk word deur Nigel SAPD ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button