NewsSchoolsBreaking News

Vroulike hoof maak geskiedenis by Laerskool AG Visser

Groot opgewondenheid toe nuwe Vissie-hoof met heli land.

Laerskool AG Visser het vanoggend hul nuwe hoof op asemrowende wyse verwelkom. Me Selma Marx het geskiedenis as die eerste vrouelike hoof van die skool gemaak.

 

Terwyl leerders opgewonde op die paviljoen met ballonne op die ‘verrassing’ gewag het, is die nuwe hoof met ‘n helikopter na die rugbyveld gevlieg. Hier is die rooi tapyt vir haar uitgerol, terwyl die leerlingraad ‘n erewag gevorm het.

 

Hoewel Me Marx van Bloemfontein (waar sy adjunkhoof by Laerskool President Brand was) na Heidelberg gekom het, het sy in Vereeniging grootgeword.

Sy is bekend met Heidelberg aangesien haar broer Willem Ungerer vir 11 jaar hier gewoon het.

Sy het ook die klok-tradisie gestand gedoen toe sy die skoolklok vir die eerste maal gelui het. Elke leerder lui dié klok op hul eerste dag van skool en weer op hul laaste dag in Graad 7.

 

Me Marx sê dit is vir haar ‘n voorreg om by Vissies aan te sluit en sy sal haar beste vir die skool gee. “Ek glo aan spanwerk en dat geen kind agtergelaat moet word nie,” het sy gesê.

(Sien volledige berig oor wie Me Marx is en haar verwelkoming in HERAUT van 12 Februarie).

 

Related Articles

Back to top button