NewsSchoolsUpdate

Laerskool AG Visser se uitblinkers beloon

Vissies van Heidelberg ryg trofeƫ in.

Laerskool AG Visser het hul top-presteerders tydens ‘n bekroningsfunksie op 28 November vereer.
Anke Wiersma is as dux leerder aangewys. Sy het die hoogste prestasie in Graad 7 behaal en het ‘n erepenning ontvang vir uitsonderlike akademiese prestasie (85% en hoĆ«r) wat sy van Graad 4 tot 7 gehandhaaf het. Sy het ook die entrepreneurstrofee ingepalm.
Janke Gerber het die ATKV-skild vir besondere kultuurprestasies, die veelsydigheidstrofee asook die redenaarstrofee in die senior fase ontvang. Sy is ook as senior redenaar van die jaar aangewys. Die Volkswagtrofee vir besondere kultuurprestasies het aan Katelyn van Wyk gegaan.

In die sportafdeling is AndrƩ Muller as mees ontwikkelende tennisspeler en Martin Joubert as beste tennisspeler van die jaar aangewys. LeanƩ Rosslee is as tennisspeler van die jaar en Katelyn van Wyk as sportmeisie van die jaar aangewys. JP Delport is die sportseun van die jaar. Die bittereindertrofee vir uitsonderlike sportmangees het aan Kaitlin de Jager gegaan.
In die junior fase het Erica Vallentgoed (Graad 3) die redenaarstrofee ontvang. Didi Phillips was die toppresteerder met die hoogste punte in Graad 2 en het ook die redenaarstrofee ontvang.

Related Articles

Back to top button