CrimeNews

Gesin besteel – ses maande na gewapende roof

Ses maande nadat die Tagliaferri gesin by hul huis in Lupenstraat deur gewapende rowers aangeval is, het die gesin weer deurgeloop toe hul huis op 5 Augustus tydens beurtkrag besteel is.

Die inbraak het in die namiddag plaasgevind toe niemand tuis was nie.

By nadere ondersoek het lede van Nigel GPF wat ook op die toneel was, gevind dat daar geforseerde toegang tot die huis verkry is.

LUPEN2 copy (Custom)

Die binnekant was in chaos na die inbrekers bykans alles omgekeer, afgeruk, uitgegooi en geplunder het.

Vir Magda Tagliaferri het die inbraak ou spoke opgeroep. “Ek kan nie beskryf hoe groot die geestelike skade van die inbraak was nie. My dogter ontvang steeds berading na die gewapende roof op ons gesin in Februarie. Ons is kwaad en negatief en leef in vrees,” het ‘n erg getraumatiseerde Magda gesê.

Dit is nie duidelik wat die skade weens diefstal beloop nie, maar volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh het die inbrekers verskeie elektroniese toebehore, ‘n skootrekenaar, selfone en ander huishoudelike items buitgemaak. Die inbraak word nog ondersoek en geen verdagtes is al in verband met die voorval aangekeer nie.

Inwoners word gemaan om sekuriteit gedurende beurtkrag op te skerp.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button