Local newsNewsUpdate

Heidelberger sterf op slag ná ongeluk.

'Ons ma is in 'n oomblik weggeruk'

Dora Norton (66) se lewe is op 5 November kortgeknip toe sy op slag in ‘n motorongeluk in Jacobsstraat gesterf het.
Die ongeluk het omstreeks 10:30 by die verkeerslig op die hoek van Jacobsstraat en die Groenfonteinpad (Poortjepad) plaasgevind.
Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD was Dora (in haar Opel Corsa) besig om regs in Groenfonteinpad te draai, toe ‘n Isuzu bakkie (wat van Nigel se rigting gery het) die Corsa op die linkerkant getref het.

Die bestuurder van die bakkie (wat van die Oos-Kaap afkomstig is) is nie beseer nie.

Dora se dogter Chanté, het haar ma as ‘n liefdevolle mens beskryf.

 

Sy het ‘n jaar gelede van Makhanda (Grahamstad) na die Riversands Aftreeoord in Jordaanpark verhuis. Hier het sy vinnig ingeskakel en aan uitstappies en samekomste deelgeneem. Sy het veral die ‘Hekelhenne’-groepie van die oord baie geniet.
Dora het na Heidelberg verhuis om nader aan haar familie, kinders en kleinkinders te woon.

Sy laat haar dogter Chanté, seun Trevor en skoondogter Jenny, haar susters en een kleinkind agter.
Die familie het ‘n privaatdiens vir haar gehou.

Volgens Kaptein Tshilate word ‘n saak van manslag ondersoek.

Related Articles

Back to top button