CrimeNews

Eiendomsagent deur ‘kopers’ vasgebind en beroof

Die vrou was twee ure in die badkamer toegesluit voor iemand haar hulpkrete gehoor het.

‘n Eiendomsagent van Heidelberg is vanoggend omstreeks 10:00 deur drie mans wat hulself as voornemende kopers voorgedoen het, vasgebind en beroof. Die vrou was twee ure in die badkamer vasgebind voor iemand haar hulpkrete gehoor het. 
Die voorval het in Vosstraat, Rensburg by ‘n leë huis gebeur en die rowers is weg met die vrou se persoonlike besittings en haar Toyota dubbelkajuit bakkie. 
Die vrou se hande en voete is met kabels vasgebind en haar mond toegeplak. Sy kon eers om 12:00 dit regkry om haar mond oop te kry en twee buurvroue het haar om hulp gehoor roep.

Die vroue het gaan ondersoek instel en die slagoffer deur die badkamervenster gewaar. Sy het hulle vertel wat gebeur het, en hulle het die polisie en Rensburg Patrolleerders Forum geskakel wat dadelik reageer het.

 
Die vrou is nie beseer nie, maar erg getraumatiseer.

Kyk hier na ‘n video waar een van die ooggetuies vertel wat gebeur het.

Related Articles

Back to top button