Local newsLocal sportNewsSport

Nigel eerstes deel loesing uit

Manne maak gereed vir finaal die naweek

NIGEL – Nigel Rugbyklub se eerstespan het met ‘n eindtelling van 43-0 slae aan Meyerton se eerstes tydens die semi-finaal in die Merlin-liga op 20 Julie uitgedeel.

 

Nigel Rugbyklub se eerstespan het na die finale rondte van die Merlin liga deurgedring nadat hulle vir Meyerton eerstes kafgedraf het tydens hul wedstryd op 20 Julie.

Schalk O’Callaghan het binne die eerste paar minute ‘n drie gedruk en kort daarna weer agter die doellyn gaan kuier. Nigel se eerstes het nie vir Meyerton ‘n kans gegee om ‘n drie te druk nie. Die res van die puntemakers was Erik Ruthven (drie), Ollie le Roux (drie), Pierre van der Walt (drie) en Jason Koen (drie). Koen het ook vyf drieë verdoel. Erik Ruthven en Schalk O’Callaghan is as manne van die wedstryd aangewys.

 

Nigel eerstes het Meyerton se eerstespan tydens die semi-finale met ‘n eintelling van 43-0 gewen. Nigel Rugbyklub se eerstespan het deurgedring na die finale rondte van die Merlin liga waar hulle teen Sasolburg gaan speel.

Nigel Rugbyklub se o/21-span het teen Benoni se o/21s met ‘n eindtelling van 59-10 verloor. Layden Scheepers het hard baklei om ‘n drie te druk en Migail Fredricks het die drie verdoel. Junate Dinjana is as man van die wedstryd aangewys.

 

X druk ‘n drie na in die eerste helfte van die wedstryd. Nigel eerstes het die wedstryd teen Meyerton Rugbyklub se eerstespan met ‘n eindtelling van 43-0 gewen en deurgedring na die finale rondte van die Merlin liga teen Sasolburg op 3 Augustus.

 

Nigel Rugbyklub se eerste- en tweedespan speel op 3 Augustus teen Sasolburg en Benoni te John Vorster Stadion in die finale kragmetings in die Merlin-liga. Nigel Rugbyklub bedank hul toeskouers vir hul volgehoue ondersteuning gedurende die liga en vra dat toeskouers hulle ook Saterdag sal kom ondersteun. Nigel tweedespan skop om 14:00 af en die eerstespan sal om 16:00 afskop. Vir navrae rakende Nigel Rugbyklub kan Anita Celliers by 082 409 3603 geskakel word.

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button