Local newsNews
Bonsai ghoeroes beïndruk me tegnieke
Hannes Fritz het Suikerbos Bonsai Kai se naam hoog gehou tydens die BRAT Regional New Talent kompetisie met sy kennis en praktiese wysheid oor bonsai bome.
Die Bonsai Regional Association Transvaal (BRAT) Regional New Talent kompetisie het op 29 Junie in Midrand by Keith Kirsten Garden Centre, Waterfall plaasgevind. Fritz (bonsai meester en vise-voorsitter) het Suikerbos Bonsai Kai verteenwoordig met drie van sy bonsai boompies wat in drie afdelings gewen het. Hy het in die afdelings vir shonin, informeel regop en groep planting gewen.
Fritz en Stefann Pretorius (voorsitter van Suikerbos Bonsai Kai) het ook vroeër die dag demonstrasies en feite van winter silhoeëtte gegee.
Lede van Suikerbos Bonsai Kai vergader weer op 27 Julie vanaf 10:00 by die Fritze se plaas en die primêre bespreking gaan oor Privets wees. Vir verdere navrae kan Pretorius by 084 924 3820 geskakel word.
Volg ons op: | ||