News

VLU-lede maak tyd vir pret tydens hul maandvergadering

Nodeloos om te sê, maar die res van die vergadering het in ‘prettige’ gees verloop.

‘n Paar lede van Heidelberg VLU het vir glimlagte op gesigte gesorg toe hulle as ‘boemelaars’ tydens hul vergadering op 13 Junie opgedaag het.

 

Die tema was ‘hobo’ en die dames het hulle behoorlik ingeleef. Kitty Joubert het ‘n goeie beskrywing gegee toe sy die volgende gesê het: “Yolande Klingbiel en Wilna Moore het soos Lang Jan en Pompies langs mekaar gelyk. Ek sou beslis nie vir Lydia Botha ‘n werkie aanbied nie en Susan Smit se ‘kry-m-yjammer-gesiggie’ sou dalk ‘n paar sente in ‘n hoed werd wees.”

 
Nodeloos om te sê, maar die res van die vergadering het in ‘prettige’ gees verloop. Die dames kon dit tog regkry om vir ‘n halfuur te bedaar sodat Adele Momberg vir hulle meer oor Mathys Roets kon vertel. Dié Afrikaanse sanger is die VLU se kunstenaar van die jaar.

 
Mathys is verlam gelaat nadat hy in 2009 in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was, maar hy het ‘n punt daarvan gemaak om die lewe ten spyte van die rolstoel, voluit aan te pak.

 

Sy musiek word geïnspireer deur bekendes soos Leonard Cohen en Koos du Plessis. Behalwe om gehore met sy diep stem in vervoering te bring, het Mathys ook sy lyf aanbieder in die KykNET leefstylprogram Kamp dit Uit gehou waar hy en mede-aanbieder Alexa Strachan deur die land getoer het.

 

‘n Woonwa is spesiaal vir hom ingerig om rolstoel-toeganklik te wees. Mathys sal ook die gaskunstenaar by die VLU se kongres wees wat einde Julie in Bronkhorstspruit gehou sal word.

 
Heideberg VLU se volgende vergadering is op 11 Julie om 09:30 by die AGS Kairos Kerk in Voortrekkerstraat. Vir meer besonderhede kan Yolande by 082 421 5354 geskakel word.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button