Local newsNews

Groen nommers, glorie vir atlete by 2019 Comrades

Vanjaar se Comrades (94ste marathon) het by Durban Stadsaal om 05:30 afgeskop en ‘n harde 12 ure en sowat 87km later by die Scottsville Resiesbaan geëindig.

Honey Lotus Atletiekklub se lede het vanjaar hul hardloopskoene aangetrek vir die 2019 Comrades Marathon wat op 9 Junie met 25 000 deelnemers plaasgevind het. Vanjaar se Comrades (94ste marathon) het by Durban Stadsaal om 05:30 afgeskop en ‘n harde 12 ure en sowat 87km later by die Scottsville Resiesbaan geëindig.

 
Vanjaar was daar ook twee nuwe medaljes bekendgestel – Die Isavel Roche-Kelly- en die Robert Mtshali medaljes en die prysgeld vir die top-sewe-atlete het ook ‘n stewige hupsoot gekry.

 
Nigel se atlete het die marathon met ywer aangepak en nie minder nie as 23 atlete het die eindstreep binne die 12-uur afsnytyd oorgesteek. Vier atlete kon weens beserings nie die marathon voltooi nie.

 

Die plaaslike atlete se tye is soos volg: Petrus Moeletsane (7:23:14); Lucky Morajane (7:29:22); Thulani Mabuya (7:34:50); Lerato Motaung (7:50:27); Sihle Manana (8:43:04); Vusimuzi Ndaba (8:44:34); Thulani Moloi (8:45:31); Rodgers Kubayi (8:48:03); Joseph Batman Mngomezulu (8:53:31); Mpho Tsotetsi (8:56:35); Yatang Mokubung (9:09:38); Ndivhuho Mukwevho (9:22:37); Zeblon Nxumalo Grandmaster (9:34:43); Robert Kubayi (9:45:57); Eric Khepe (9:51:57); Luzuko Ntissa (9:55:11); Nomsa Magazi (10:13:31); Thabo Sauhatsi (10:13:32); Richard Ntimane (10:53:49); Siibonelo Gumede (10:54:16); Amos Mofokeng (11:19:58); Percival Selepe (11:52:49) en Zandile Jiyane (11:58:26).

 
Die klub is ook baie trots op twee lede wat hul groen nommers vanjaar verwerf het. Die besonderse eer word verdien wanneer ‘n atleet sy 10de Comrades voltooi en dan sy groen nommer ontvang, wat jou permanente nommer word.

 

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button