News

Nigel eerstes onsstuitbaar

Geen geel of rooi kaarte was uitgedeel nie en dissipline tussen die spelers was goed toegepas.

Nigel se eerstes het goeie spanwerk en toewyding getoon. Geen geel of rooi kaarte was uitgedeel nie en dissipline tussen die spelers was goed toegepas. Puntemakers was John Holmner (twee drieë), Etienne Booysen (een drie), Ollie le Roux (een drie), Robert Botes (een drie), Reon Bezuidenhout (twee drieë) en Shain Nienaber (een drie). Reon Bezuidenhout het een drie verdoel en Jason Koen het twee drieë verdoel. Ollie le Roux is as man van die wedstryd aangewys.

 
Nigel se tweedespan het hul wedstryd teen Meyerton se tweedespan met ‘n eindtelling van 45-0 gewen. Dit was van die begin af duidelik dat Nigel se tweedes nie daar is vir speletjies nie. Puntemakers was Hansie Rudolph (een drie), Ockert Grobler (een drie), Wesley Heunes (een drie), Lean Els (een drie) en Morne Viljoen (twee drieë). Ockie Grobler het vyf drieë verdoel. Johan Engelbrecht is as man van die wedstryd aangewys.

 
Nigel se o/21-span het hul wedstryd teen Meyerton se o/21-span met 52-8 verloor, maar Nigel Rugbyklub-toeskouers het die span reg deur die wedstryd ondersteun en aangespoor om hul beste te gee. Puntemakers was Migail Fredricks (wat een drie gedruk het) en Gerhard Bezuidenhout het een strafskop aangeteken. Hy is ook as man van die wedstryd aangewys.

 
Nigel Rugbyklub se spanne speel op 1 Junie teen Kempton Park Rugbyklub by Barnard Stadion. Die o/21-spanne sal om 12:00 afskop, die tweedespan begin om 14:00 speel en die eerstes skop om 16:00 af. Vir navrae kan Anita Celliers by 082 409 3603 geskakel word.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button