News

Haasbroek deel haar liefde vir brei met teddies en truie vir jongspan

Sy het agt maande aan die skenking gebrei en sy brei ook teddiebere vir kleuters met kanker wat sy later aan ‘n hospitaal in Pretoria (met ‘n afdeling vir kankerlyertjies) sal skenk.

Marie Haasbroek (79), ‘n ouma met agterkleinkinders in Laerskool AG Visser se liefde vir breiwerk het haar genoop om 50 truie en ‘n hele klomp teddiebere vir die kleuters van Vissies Pre-Primêr te brei.

 

“Ek is altyd aan die brei en het toe gedink aan die kindertjies wat dalk nie ‘n trui kan bekostig nie en in die bibberkoue van Heidelberg se winters moet oorleef. Ek het besluit om 50 truie te brei en sommer ‘n paar gebreide speelgoed ook by te sit,” het Marie vertel.

 
Sy het agt maande aan die skenking gebrei en sy brei ook teddiebere vir kleuters met kanker wat sy later aan ‘n hospitaal in Pretoria (met ‘n afdeling vir kankerlyertjies) sal skenk.

 
Sy is reeds besig om ‘n nuwe besending truie vir volgende jaar vir die Vissies te brei.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button