CrimeNews

Vier fop “polisiebeamptes” vas

Vier verdagte persone is aangekeer nadat hulle hul as polisiebeamptes voorgedoen het.

Vier verdagte persone is aangekeer nadat hulle hul as polisiebeamptes voorgedoen het. Die twee mans en twee vroue is op 25 Mei in Johannesburg Sentraal aangekeer waar hulle besig was om buitelanders te probeer uitbuit.

 
Die kamma polisiebeamptes het hul slagoffers gebied om hul paspoorte te toon, waarna hulle meegedeel is dat die paspoorte verval het. Die verdagtes het R3 000 ‘boete’ van hul slagoffers geëis.
Die SAPD het die verdagtes deursoek en op vervalste polisie aanstelling sertifikate beslag gelê.

 
Volgens Kaptein Xoli Mbele (woordvoerder: Johannesburg Sentraal SAPD) word die saak ondersoek en sal die verdagtes eersdaags in die Johannesburg Landdroshof op aanklagte van die voordoening van ‘n polisiebeampte verskyn.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button